ONDAE IS TYD VIR INTIMITEIT EN KONNEKSIE MET GOD
Sondae se dienstye is as volg:
08h30 Klassieke Diens (Kusweg)
09h30 Familiemoment* (Lofsentrum)
10h00 Familiediens (Lofsentrum)
18h00 Koffiekroeg* (Lofsentrum)
* Slegs gedurende Skoolkwartale
Indien u nie die PDF dokumente hieronder kan lees nie, kan u
Adobe Acrobat Reader aflaai by: https://get.adobe.com/reader/
Gemaklik klassiek, met musiekbegeleiding deur klassieke instrumente, veral orrel. Voorsang begin om 08h15.
Elke Sondagoggend, 'n halfuur voor die erediens, kom ons kinders bymekaar vir 'n spesiale kategese-ervaring. Ons glo dat kinders die Bybel die beste leer ken deur dit self te beleef - deur speletjies, aktiwiteite en interaktiewe ontdekking. 'n Kategeet lei die groep deur 'n kreatiewe aktiwiteit wat die dag se Bybelse tema prakties en verstaanbaar maak.
By elke sessie kry die kinders 'n teksvers om deur die week oor na te dink en in hul harte te dra. Op hierdie manier word geloof nie net iets wat hulle hoor nie, maar iets wat hulle self beleef en met ander deel.
Minder tradisioneel met musiekbegeleiding deur kontemporêre sowel as klassieke instrumente. Dieselfde tema word by die Familidiens aangebied as wat by Kusweg aangebied is.
Die Familiemoment soos hier bo beskryf gaan die diens vooraf, waarna Lofprysing volg. Tema-gedrewe inkleurprente word vir kleiner kinders beskikbaar gestel, en die tafels agter in die saal is beskikbaar om die kinders besig te hou (onder toesig van ouers / voogde) indien die diens dalk bietjie lank vir hulle word.
Tienerkerk is 'n spasie nét vir tieners - 'n plek waar hulle kan kuier, lag, gesels en saam ontdek wat dit regtig beteken om kerk te wees. Ons tema vir die jaar, #wees_kerk, daag hulle uit om nie net oor geloof te praat nie, maar dit ook prakties uit te leef in hul daaglikse lewens.
Elke Sondagaand delf ons dieper in die Bybel, gesels oor relevante temas en leer hoe ons as jong Christene 'n verskil kan maak. Dit is 'n veilige en gemaklike omgewing waar tieners hul vrae en ervarings kan deel terwyl hulle groei in hul verhouding met God en met mekaar.