Een in liefde, een van hart, een in strewe... ALMAL welkom!

Terug na Tuis >

Finansies

DONASIES & HULPVERLENING


Ons gemeente wil graag betrokke bly by die gemeenskap en minder bevoorregtes. Fondse is beperk aangesien ons in die lock down tyd nie kerkdienste mag hou nie. Die gemeente bedryf en befonds 'n hele paar sopkombuise (voedingskemas) in Casablanca asook Temperace Town. Daar word ook voedsel voorsien aan behoeftige gesinne asook hawelose mense. Ons help ook ons bejaardes wat slegs 'n SASSA toelaag ontvang en nie fondse het om noodsaaklike toiletware ens te koop nie. Ons kan slegs met hierdie wonderlike werk voortgaan as daar genoegsame fondse is. Die gemeente se leraars en maatskaplike werker is ook betrokke by berading en ander noodsaaklike hulp aan lede van die gemeente en gemeenskap. Raak betrokke. Ondersteun die projekte finansieel. Saam kan ons 'n verskil maak. Saam kan ons die hande en voete van Jesus wees. Dankie!



BANKBESONDERHEDE

Rekeningnaam: NG Kerk Gordonsbaai

Bank: ABSA

Rekeningnommer: 420 580 010 (Tjek)

Takkode: 334312 (Strand)

Verwysing: Voorletter(s), van of waarvoor (projeknaam/dankoffer)

Zapper

You can donate using Zapper. Click on Zapper Code or Scan with Mobile device. You will be directed to the Zapper page. Follow the onscreen directions.







(vir maklike betaling van jou slimfoon af)