ONDAE IS TYD VIR INTIMITEIT EN KONNEKSIE MET GOD
Ons het 3 dienste elke Sondag -
08h30; 09h30 en 18h30
Streekindeling Predikante - Vir pastorale versorging kan die predikante as volg gekontak word:
Ds. Melissa Hoffmann: Streke 2, 4, 6, 8 & Summervale
Ds. Johan Botes: Streke 1, 3, 5, 7, 9 & Summervale
Indien u nie die PDF dokumente hieronder kan lees nie, kan u
Adobe Acrobat Reader aflaai by: https://get.adobe.com/reader/
SKAKELS NA DIENSTE
(Dienste sal hier gelys word in die volgende formate - YouTube, Audio):
Gemaklik klassiek, met musiekbegeleiding deur klassieke instrumente, veral orrel. Voorsang begin om 08h15. Koffie en tee word na afloop van die diens bedien.
Minder tradisioneel met musiekbegeleiding deur kontemporêre sowel as klassieke instrumente.
Groot- en kleingroep kategese en boodskap gebasseer op die selfde teks en tema as die erediens word vooraf gehou, waarna Lofprysing vir die kinders en volwassenes volg. Al ons Kategese word in hierdie tyd gehou. (Voorskool, Laerskool en die Tieners tot en met Graad 10) Die Belydenisklas word apart gereël tussen die Graad 11's en die groepleier.Dit word dan direk gevolg deur die erediens. Tema-gedrewe inkleurprente word vir kleiner kinders beskikbaar gestel, en kinders wie sonder hulle ouers by die diens is, word deur groepleiers en volwassenes agter in die saal vergesel waar hulle besig gehou word indien die diens dalk bietjie lank vir hulle word.
Kom geniet 'n koppie koffie of tee voor en na die diens.
Daar is eeue lank reeds sekere ritmes wat Christene aan mekaar bind. Hierdie ritmes het altyd oor die Skrif, die sakramente, gebed en gemeenskap gegaan. Tydens die Fokusaande het ons altyd geleentheid vir:
• Gebed - Ons het 'n gebedstasie met kerse en geleentheid om gebedsversoeke en getuienis oor gebedsverhoring met mekaar te deel.
• Sakramente - Ons vier elke Sondagaand wat ons saam is ook die Nagmaal om ons te herinner dat ons aan mekaar behoort as deel van die liggaam van Chistus
• Gemeenskap - Ons aanbid saam deur musiek, Afrikaans en Engels, tradisioneel en kontemporêr.
• Skrif - Ons skep geleenthede om op verskillende maniere die waarheid van die Skrif te ontdek deur stil meditatiewe dienste, gemeenskapsetes, dissipelskapkursusse en gesamentlike sang.
Jesus is duidelik daaroor dat ons Hom ontmoet in, en deur dit wat ons vir die geringstes doen. Die midweekse diens het jare gelede begin as 'n bediening aan hawelose mense en mense wat vasgevang is in die siklus van armoede. Hierdie dienste is 'n tyd wanneer daar saam aanbid word deur musiek, na 'n boodskap geluister word en saamgeëet word. As jy hierdie diens wil bywoon, vra ons dat jy 'n nederige toebroodjie sal saambring om saam te eet, of om by een van die kosspanne aansluit en op so 'n manier sorg dat jy ook iets het om te eet. Hierdie is ook ekumeniese dienste, wat beteken dat sommige daarvan deur pastore en predikante van ander denominasies gelei word. As jy 'n behoefte het om Jesus te ontmoet deur saam met jou naaste te aanbid en brood te breek, is hierdie die diens vir jou.